top of page

My Vriend,

My Broer

 

Hierdie boek vertel die verhaal van ‘n besonderse toegeneëntheid tussen twee vriende, die een ‘n tienerseun en die ander alreeds ‘n ervare soldaat, wat uitgedaag met die eise van die lewe wat bemoeilik word deur mense uit die verskillende wêrelde en raamwerke waaruit hulle kom.

 

Die leser behoort egter te sien dat beide Jònatan en Dawid hul diepe afhanklikheid en liefde openlik vir God en vir mekaar bely. Albei leef hul geloofsvertroue in die HERE uit, en skroom nie om Sy leiding en beskerming af te bid nie.

 

Elke leser kan met vrymoedigheid vrye teuels gee daaraan om hierdie realistiese beskrywing te interpreteer, en selfs die feite daarvan na te slaan.

Nuwe
Boek

Welkom

Louis B Rautenbach se liefde vir die Afrikaans taal en sy passie vir skryf en vir die vertel van stories, het dit oor sy lewenspad gebring om die publisering van vier nie-fiksie boeke voort te bring.

Sy veelsydige beplanninge vir die toekomstige publikasies sluit in, onder andere, opvolgboeke, kleinverhaal bundels en selfs 'n draaiboek. Lees meer daarvan op die blog blad.

Sy voorliefde vir geskiedenis, en veral verhale van die Bybel, bring u stories voort wat lewensinspirerend is en laat ‘n mens nadink oor die geestelike lewe en die verganklikheid van die mens.  Sy doel as skrywer is dat die leser, onder andere, sal nadink oor die lewe.

INLEIDING
Proloog: My Vriend, My Broer

Die fokus is daarop om menslike emosies en samebindende, gemeenskaplike uitdagings die hoof te bied. Te midde van vervolging en vyandigheid kleef albei die manne vreesloos aan God vas en eer die beloftes wat deur Hom gemaak word. Hebsug en selfsug tussen hierdie twee vriende is geheel en al in hul lewens afwesig.

 

MY BOEKE

Resensies

Alet Labuschagne van Bethal

My Vriend, My Broer: Alhoewel ek hulle storie so goed ken want in die 30 jaar wat ek skool gehou het moes ek die stuk Bybelgeskiedenis honderde kere vir die kinders vertel maar nou het jy die storie vir my vertel en ek het dit baie geniet. Dit was vir my interessant om te lees dat Dawid 15 jaar oud was toe hy Goliat gedood het. Jy het 'n los en gemaklike skryfstyl.

Oorsprong van Smarte: Baie geniet en baie van die karakters te wete gekom wat nie so direk beskryf word soos wat jy dit gedoen het en met jou navorsing te wete gekom het nie. Daar is baie wat mens noit geweet het nie. Nogmaals baie dankie. Ek het baie dinge geleer wat ek nie geweet het nie. Die plae en die koning se reaksie was baie interessant. Ek gaan die boeke albei oor so 3 maande weer lees, en gaan dit beslis nie uitleen nie, want dan kry mens dit of nie terug nie, of in 'n swak toestand terug. Ek geniet 'n boek altyd die 2de keer nog meer.

 

Sheila Bester

My man het die boeke Oorsprong Van Smarte; My Vriend, My Broer en Spieëlsplinters gelees. Hy het dit so geniet en het dit nie neergesit nie. Sê hy het so baie geleer. Baie dankie. Hy hou baie van die boeke

 

Llouie en Dick Boiko - Humansdorp

Ons het die boeke baie geniet, meneer. Ons het so baie geleer. Mens kan die boeke nie neersit nie. Mens kan sien dit is met opregtheid en diep uit die hart geskryf. Vir die eerste keer verstaan ek die Bybel ook beter, veral die Ou Testament.

 

Petro Greeff

Spieëlsplinters: Hier is 'n boek wat met eerlikheid geskryf is; om dit te lees, het vir my vreugde gebring, maar tog ook aan my hart geruk. Dit vertel van sorgelose kinderjare waar kinders nog kinders was maar ongelukkig het hul lewe nie so gebly nie. Kinderjare wat met wonderlike liefde gevul was, word skielik in die teenoorgestelde gedraai. Met rou emosie word daar vertel van skeiding van geliefdes, fisiese mishandeling, pyn in 'n kinderhart, sowel as honderde vrae in 'n kind se gemoed omdat volwassenes se optrede nie altyd, kan ek sê, volwasse is nie? As kind se lewe skielik van liefde en geborgenheid ontneem word, dan tree verwerping en 'n gevoel van mislukking in, hiervan getuig dié boek. Tog kan elke leser 'n waardevolle paar lesse leer. Om net één te noem, moet nooit moed opgee nie!"


Dick Biko

Het van Oorsprong Van Smarte gesê dat hy dit so geniet het, en dat die Bybel, veral die Ou Testament vir hom baie meer verstaanbaar is.


Marinda Scott

Sê dat sy ongelooflik baie leer oor die Bybel, en dat sy al die boeke geniet het.


Santie Radley

Sê dat sy baie lees en baie boeke koop, en dat hierdie boek Spieëlsplinters 'n baie goeie boek is!


Baie dankie aan elke leser. Ons is afhanklik daarvan dat julle ons kunswerke koop en geniet. - Louis.

bottom of page