
MEER OOR LOUIS




Louis Botha Rautenbach Snr is gebore 8 Maart 1962, as die middelste kind in ‘n groot gesin, op ‘n plaas naby Jessievale in die Carolina distrik, Mpumalanga.
Opleiding is voltooi aan die Hoërskool Carolina waarna hy in Pretoria o.a. Regte, Kredietbestuur, Teologie en ook BA (Couns); B (Couns) Cum Laude, georden 2013.
'n Toekenning, in 2012 was ontvang deur die National Credit Executive van ICM in Johannesburg by 'n gala geleentheid. Sien meer hieroor sy blog Gallery.
Gemeenskapsbetrokkenheid: Hy is sedert 1995 betrokke by geestelike berading en Bybelstudie en werk ook deeltydse as Geestelike Werker in die gevangenisse.
Gesinsman: Sy vrou, Marie, bied wonderlike ondersteuning as voorbidder. Hulle was vir ‘n periode saam ook sameroepers van die Voorbidders en huisselleiers.
Louis en Marie het ‘n seun, skoondogter en twee pragtige kleinkinders (my kleindogter Leoné is nou 9 en Jean-Louis word Oktober 2015 al 4).
Woonagtig: Die familie woon tans op Jeffreysbaai in die Oos Kaap waar Louis steeds voltyds ‘n beroep beoefen.

