top of page

Die Naam: My Vriend, My Broer

  • Oct 26, 2015
  • 1 min read

Ek het tydens die skryf van Oorsprong van Smarte 'n vreemde nuuskierigheid gekry oor die twee vriende. Een van die hoofstukke in Oorsprong se titel is My Vriend, My Broer, en het ek dit spesifiek so genoem omdat my broer Bertie tydens die skryf van daardie hoofstuk oorlede is. Bertie het ook rooierige hare en blou oë gehad, soos wat die karakter van Dawid beskryf is.

Tydens die Bybelstudie het ek besef dat die Dawid en Jònatan nie nagenoeg ewe oud was soos wat ek altyd graag geglo het nie. Ek het navorsing gaan doen, en tot die verassende besef gekom dat die twee manne eerder soos pa en seun kon wees. My belangstelling was geprikkel, en ek het maande aan navorsing spandeer. Soms het ek so opgewonde geraak dat die tyd vir my 'n vyand was.

Die boek het ook minstens twee ander name gehad voordat ek op die titel besluit het. Wie van ons smag nie na broederlike liefde en kameraderie nie? Om te midde van vervolginge, versklille en uitdagings steeds ondersteunend te kan wees, om nader getrek te word met 'n gemeenskaplike doel.

My vrou is die afgelope 30 jaar vir my so 'n vriend. Uit hoofde hiervan, en die bewondering van 'n ware kameraad, was dit uiteindelik taamlik maklik om die emosies van die twee manne te kon saamvat en 'n boek daaroor te skryf.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Classic
  • Twitter Classic
  • Google Classic
bottom of page