My Vriend, My Broer
- Feb 25, 2016
- 1 min read

My Vriend, My boer. Haar kinders is woedend toe hulle agterkom dat hul ma swanger is van hul pa se kind. Omdat hulle vervreemd was is die kind in daardie tyd as hoerkind beskou. Dawid se pa het hul belet om hul ma of die ongebore baba leed aan te doen. Maar hy het gese dat hulle hom soos 'n slaaf kon behandel, en hulle het.
Dawid se ma het baie vir hom gebid. Sy was erg lief vir hom. Sy het gesien hoe die dronkaards op die stadsplein met hom spot en hom dikwels as dief uitkryt en beskuldig. Sy broers het goed in sy kos gegooi, vir hom asyn gegee wanneer hy vir water gevra het. Nogtans het hy in sy ma se gebede sterk gestaan. Hy was 'n sterk, kunssinnige mens met baie talente: dig, liedjies maak, harpspeel, en dan nog gedugte vegter ook.
Toe hy uit die weiveld ontbied word om Samuel te ontmoet, was sy ma benoud en het gewonder wat nou weer! Sy het gehoor hoe Samuel hom seën en sê dat sy koningskap vir ewig sal wees (Jesus is uit sy bloedlyn gebore - die stam van Juda). Sy het dit dadelik gesnap en het kliphard begin huil van oorweldigende vreugde. Lees die volle verhaal van verwerping, vernedering en verstoreling wat die grootste staatsman ooit geword het.
Voor hom was daar nie so een soos hy nie, en - sê die HERE - na hom sal daar ook nie weer een soos hy wees nie...!



















Comments