2016 Uitkyk
- Nov 3, 2015
- 2 min read

Ek het reeds die opvolgboek van Oorsprong van Smarte klaar geskryf, en behoort dit vroeg in 2016 na die uitgewers te gaan. Sy titel op hierdie stadium is "Die Kruik", want die Bybel is vir my soos die weduwee se kruik, wat altyd vars, nuwe olie bevat, en nooit leeg laak nie.
Dit is bloot 'n natuurlike opvolg omdat Oorsprong se verhaal by Koning eindig, waar Dawid oorlede is en sy seun Salomo by hom oorgeneem het. 'n Medegelowige, ene Louis Kruger het sowat 16 jaar gelede vir my gevra, "Waarom som jy nie die Bybel vir ons op nie?" Dit was natuurlik ligtelik bedoel, maar het sedertdien in my kop vasgesteek. Die Kruik neem die verhaal verder deur die ou Testamentiese profete en beskryf hul uitdagings, vrese midde van aanranding, vervolging en waarskuwings
Die naleser het vir my gesê: "Wow! Ek leer so baie uit die verhale!" Natuurlik het dan ook dadelik begin met 'n opvolg daarvan, wat huidiglik heet "Die Lam van die Leeu." Ek weet 'n leeu het nie 'n lam nie, maar 'n welpie. Jesus is egter die volmaakte lam, uit die stam van Juda, wat as die leeu beskryf word. Ek is opgewonde daaroor. Ek het aanvanklik gedink dat ek die nuwe testament gaan doen sodat die hele Bybel in die drie boeke saamgevat word. Ek was egter naief. Die Lam van die Leeu gaan 'n unieke boek wees, en daar sal beslis minstens nog een, maar dalk twee boeke volg voordat ek met hierdie projek, waarvoor ek soveel jare gelede voor 'uitgedaag' is, sal afhandel.
Ek is selfs bang dat ek nie genoeg tyd in my lewe sal oorhê daarvoor nie. Intussen is ek ook besig met 'n kortverhaal bundel wat ek vir afleiding eenkant skryf, en 'n draaiboek met die titel "Skaduwees." Dit is egter nog in die begin stadium en wil ek nie te veel nou daaroor se nie.
Laastens is ek besig met 'n draaiboek van 'n drama wat met 'n 'musical' geintegreer is. Dit is geinspireer deur 'n voorval ongeveer 20 jaar gelede en wat my steeds bybly.



















Comments