Die Naam: Oorsprong Van Smarte
- Oct 26, 2015
- 2 min read
As berader, siekebegeleider, geestelike leier en voorbidder het ek, veral in die gevangenisse, baie voor die vraag van 'waarom laat 'n genadige God dit toe?" te staan gekom'.
Nog altyd was dit 'n brandende begeerte om mense te oortuig dat dit nie God is wat dit oor ons bring nie, maar ons eie keuses, dat dit wat met ons gebeur , die gevolge is van wat mense doen. Ek het my uiteindelik tot die skryf van 'n boek daaroor gewend, want nog altyd heeltyd sien ek slegs die groot genade van God, en nie Sy straf oor die 'sondige' mensdom nie. God het self genade betoon aan die eerste oortreder, en daarna weer aan Adam en Eva toe Hy gesê het dat Hy steeds oor hulle sal waak. Ek meen? En met die eerste moord het God vir Kain gesê dat Hy hom steeds sal beskerm. En namate die boek gelees word, behoort die leser die volgehou en onverdiende genade van God beleef, te midde van die oortredinge wat van die begin af deel van die mens is.
Die verhaal van Adam en Eva se ongehoorsaamheid is baie pertinent in die Bybel. Soos wat die jare verbygegaan het, en die mens nie bekeer en bely nie, het die negatiewe dinge erger en meer geraak. En so is dit in die alledaagse lewe. Ons raak onsesitief vir die gewete, en omdat ons ons oortredinge probeerwegsteek/ontken, raak dit net groter. Die boek se naam sê dus alles: DIE OORSPRONG VAN SMARTE(net soos wat ons dit eintlik ken) Hierdie boek moet nie met die verwagtinge dat dit 'n Bybel is, gelees word nie. Dit het slegs ten doel om die oorsprong van die smarte wat deel van die lewe is, realisties voor te stel.

Terugvoere wat ek al gekry is het is onder andere "...vir die eerste keer verstaan ek die Bybel, en veral die Ou Testament," en "Ek het so ongelooflik baie geleer wat my weer met nuwe oë en nuwe honger na die Bybel laat kyk..."



















Comments